Houtskool-uitvoere: daar’s steeds vertragings

Die plaaslike houtskoolbedryf het steeds uitdagings met uitvoere. Produsente is onlangs gewaarsku dat hulle houtskool eers op plase sal moet stoor tot die situasie normaliseer. Daar word wêreldwyd vertragings in vragvervoer ervaar veral as gevolg van ‘n tekort aan vraghouers. Michael Dege van die Namibiese Houtskoolvereniging sê dinge behoort teen vroeg volgende jaar te begin normaliseer…