Hou voor, dis nog nie lente nie – ‘n ysige week word verwag

Die bekende weerkenner en boer in Aranos, George van der Merwe, sê koue toestande sal die week oor Namibië van die Suide in beweeg en sal teen die einde van die week ook ‘n daardwerklike impak op die sentrale noorde, wat tradisioneel nie so koud kry nie, hê. Daar is ook winderige toestande wat die gevaar van veldbrande vererger.