Hotel en RDP skik in hofsaak

Die Cest si Bon Hotel in Otjiwarongo en die Rally for Democracy and Progress het geskik in ‘n saak waar die hotel die party dagvaar vir 31 000 dollar. Die hotel sê dat die party 26 van sy lede daar vanaf 11 tot 13 Oktober 2019 daar gehuisves het. Die party se rekening van net meer as 48 000 dollar sou, ingevolge ‘n ooreenkoms, op 14 Oktober betaal word maar, betaling van 15 000 dollar is eers op 19 November 2019 ontvang en 2 000 dollar is op 20 Desember betaal. Die RDP het verdediging aangeteken en ‘n skikkingsooreenkoms is bereik deur bemiddeling. Die partye vra dat regter Marlene Tommasi vandag die saak tot 27 Oktober uitstel vir die partye om hulle ooreenkoms te finaliseer.