Hospitaal stel virtuele besoeke bekend

‘n Hospitaal in KwaZulu-Natal het virtuele besoeke bekend gestel om pasiënte se welstand te verbeter. Die Ahmed Al-Kadi privaat hospitaal in Durban laat familielede nou toe om klank- en video-boodskappe aan pasiënt te stuur. Hospitaalbestuurder Ebrahim Asmal sê hulle het tydens die tweede Covid-19-vlaag bevind pasiënte bly langer in die hospitaal en het ‘n behoefte aan familie en vriende se liefde en sorg. Die plan is daarop gemik om noodsaaklike en voordelige sosiale interaksie te voorsien. Asmal sê die virtuele manier sal pasiënte die kans gee om veilig met hulle geliefdes te kommunikeer.