Hospitaal-innames vir Covid daal

Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld, asook 160 nuwe gevalle uit 1 406 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 11 persent verteenwoordig. In die groep is 28 leerders, vyf onderwysers, drie studente en vier gesondheidswerkers. Daar is nou 18 558 aktiewe gevalle, waarvan 368 in hospitale en 76 in intensiewesorg is. Die ministerie het bevestig dat hospitaal-innames die afgelope twee weke gedaal het. Die adjunkminster, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste Covid-syfers.