Hoop vir 1 mislukte groen skema – ministerie kry aanbod

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het gesê die ministerie het aanbiedinge ontvang om die Vhungu-Vhungu groen skema in die Kavango-Oos-streek te bestuur. In Maart vanjaar het die regering aangekondig dat hy 11 groen skema-besproeiingsplase in Namibië tussen Mei en Julie vanjaar op die mark gaan plaas deur ‘n versoek om voorstelle. Vhungu-Vhungu is die eerste groen skema wat op die mark geplaas is. Dit is ‘n groen skema wat gekoppel is aan ‘n suiwel-aanleg. As gevolg van finansiële probleme wat die regering ondervind het, is die suiwel-aanleg egter nooit voltooi nie en was ‘n verdere belegging van sowat 65 miljoen Namibiese dollar nodig om die projek te voltooi. Schlettwein sê plaaslike aanbiedinge en een buitelandse aanbod is ontvang en word geëvalueer.