Hooggeregshof sê vandag oor LPM-aansoek

Hooggeregshof regters Dave Smuts en Theo Frank sal saam met hoofregter Peter Shivute vandag uitspraak in die LPM-appèl lewer. Die twee partyleiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb bring die aansoek teen die verbod van die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi op hul teenwoordigheid in die parlement. Die twee is die kamer verbied na die chaos na President Hage Geingob se staatsrede op 15 April vanjaar. Seibeb en Swartbooi se regsverteenwoordigers het namens hulle kliënte reeds voor die parlementêre komitee oor voorregte verskyn en daar word verwag dat die komitee binnekort sy verslag aan die parlement oorhandig. Vandag se appèluitspraak volg na die twee se hoërhof aansoek voor regter Kobus Miller om weer toegang tot die parlement te verkry van die hand gewys is.