Hoofregters van Afrika pleit vir sterker demokrasie op vasteland
Die hoofregters van verskeie Afrika-lande het by die konferensie van die Afrika-balieverenigings in Pretoria ‘n pleidooi gelewer vir die versterking van demokrasieë op die vasteland. Die hoofregter van Malawi, Rizine Mzikamanda, sê slegs sterk demokrasieë kan die vasteland se probleme oorkom, daarom moet lande se grondwette beskerm word. Die hoofregter van Togo, Joseph Kokou Koffigoh het op sy beurt sy kommer uitgespreek oor al die uitdagings waar voor die vasteland staan. Hy sê daar moet vernuwing plaasvind in die manier waarop lande hul uitdagings oorkom. Die hoofregter van Sierra Leone, Desmond Edwards, het ook gevra vir samewerking.