Hoofregter: dis goed dat publiek kan sê

Die organisasie Judges Matter het President Cyril Ramaphosa se besluit verwelkom om die publiek te nooi om benoemings in te dien vir die volgende hoofregter van Suid-Afrika. Die ampstermyn van die huidige hoofregter, Mogoeng Mogoeng, verstryk op 11 Oktober. Ramaphosa sê in ‘n verklaring hy het ter wille van groter deursigtigheid op openbare deelname besluit. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê hulle het Ramaphosa gevra om ‘n proses van deursigtigheid te volg met die aanwysing van ‘n nuwe persoon in die amp: