Hoofargumente in Kora-saak op 31 Aug.

Hoofargumente in die Kora hoërhofsaak sal op 31 Augustus deur regter Herman Oosthuizen aangehoor word. Die saak wat sedert 2016 reeds sloer, handel oor 24 miljoen Namibiese dollar wat die Namibiese Toerismeraad aan Mundial Telecom Sarl, van die Nigeriese besigheidsman Ernest Adjovi, oorbetaal het vir die bemarking van die Kora-musiektoekennings. Die toekennings sou in Maart 2016 plaasgevind het maar dit het nooit gebeur nie.