Hongkong Sewes weer afgestel

Die sewestoernooi wat in November in Hongkong sou plaasvind, is wéér weens die Covid-19-pandemie gekanselleer. Dit het verlede jaar ook nie plaasgevind nie. Die vrouetoernooi in Parys is ook afgelas. Wêreldrugby sê die besluit volg weens die onsekerheid oor reisbeperkings en ander gevolge van die pandemie. Die organisasie sê die gesondheid en welsyn van die rugbygemeenskap en die algemene publiek is belangriker.