Hongersnood-brandpunte onder die loep
Verskeie organisasies en agentskappe sê regerings regoor die wêreld moet werk om hongersnood-brandpunte te verminder. Die Voedsel- en Landbou-organisasie, die Wêreldbankgroep, die Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldvoedselprogram en die Wêreldhandelsorganisasie oor die Wêreldwye Voedsel- en voedingsekerheidskrisis, sê in ‘n gesamentlike verklaring armoede en voedselonsekerheid neem toe met voedselinflasie wat hoog bly. Die Armoedeverligtings- en Groeitrust moet ook gemobiliseer word om konsessie-befondsing aan lae-inkomste-lande te verskaf.