Honderde ton CO2 deur stralers by COP26 vrygelaat

Daar was sedert 27 Oktober 182 privaatvlugte wat by Glasgow aangekom het, meer as dubbel die hoeveelheid in die vorige week. Volgens FlightRadar24, sluit die nasionale vlugte soos die VSA se Air Force One uit. Die vlugte het wêreldleiers, meeste in privaatstralers, na die klimaatsberaad COP26 gebring. Daar was ook talle vragvliegtuie wat voertuie vir motorkades gebring het, sowel as helikopters vir gebruik in die gebied. Die Amerikaanse President Joe Biden, bring ook sy amptelike voertuig, ‘The Beast’ saam op alle amptelike reise. Vlugte word as uiters skadelik vir die omgewing geag. Een van die gewildste privaatstralers, die Cessna Citation XLS, sal tussen Rome, waar die G20 vergader het, en Glasgow 2 356 liters brandstof gebruik met 2,52 kilogram koolsuurgas wat per liter vrygestel word. Dus sal 5,9 ton koolsuurgas gedurende daardie een vlug vrygestel word. Kenners sê die gemiddelde brandstof gebruik vir privaatstralers is 857 liter brandstof per uur.