Honderde Angolese vlugtelinge verdwyn

Plaaslike media berig dat twee weke na die eerste groep Angolese gerepatrieer is vanaf Etunda, het 500 van hulle heeltemal verdwyn. Die sekretaris van die Etunda nedersetting Joseph Shiininge het bevestig dat 1 792 mense geregistreer is om terug na Angola te keer maar net 1 300 is vervoer. Daar word vermoed dat van die vlugtelinge by die groenskema werksaam is terwyl ander die land ingevaar het op soek na werk. Daar is berigte dat sommiges so ver as Opuwo gereis het op soek na werk. Daar was aanvanklik 3 230 vlugtelinge geregistreer maar blykbaar het net 1 792 oorgebly vir repatriasie en owerhede sê hulle glo die ander, behalwe vir die 500, het reeds teruggekeer.