Hollywood-rolprente weer in China vertoon

The Woman King deur TriStar Pictures het amptelike toestemming ontvang om op 14 April in teaters in China uitgereik te word. Hollywood-rolprente het weer in China begin wys ná ‘n afwesigheid van omtrent ‘n jaar en ‘n nie-amptelike verbod op flieks van die Marvel-handelsmerk sedert middel 2019 tot vroeg vanjaar. The Woman King, met Viola Davis in die hoofrol, is die verhaal van die vroulike regiment krygers, Agojie, wat die koninkryk van Dahomey in die jare 1800 beskerm het. Die rolprent het wêreldwyd reeds meer as 1,772 miljard Namibiese dollar verdien.