Hofdiefstal: dit was net ek sê Dawid

Een van die verdagtes in die rooftog by die Katutura-landdroshof, Andrew Dawid het alleen verantwoordelikheid gevat in die hof. Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat verskeie skootrekenaars by die hof gesteel is. Net drie het in die landdroshof verskyn omdat een nog behandel word vir ‘n skietwond wat hy opgedoen het tydens sy arrestasie. Dawid, wat volgens berigte bekend is aan die stadspolisie vir verskeie, soortgelyke misdade, het aan landdros Olivia van die Colff gesê die ander drie verdagtes was kopers van die rekenaars en het nie aan die rooftog deelgeneem. Ses skootrekenaars is tot dusver teruggevind. Die saak is tot 30 September uitgestel en al die verdagtes is steeds in aanhouding.