Hof weier Anoj Singh se aansoek om in Dubai te werk

Die Johannesburgse Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het die korrupsie-beskuldigde voormalige finansiële hoof van Transnet, Anoj Singh, enige versagting van sy borgtogvoorwaardes geweier. Hy het die aansoek ingedien om ‘n permanente werksaanbod van uitvoerende hoof in Dubai te kan aanvaar. Landdros Emmanuel Magampa sê die hof vind dit moeilik om te glo Singh kon geen werk in Suid-Afrika vind nie. Hy voeg by hy is bekommerd oor die onvoldoende besonderhede wat Singh verskaf het oor die werk in Dubai. Singh is tans uit op borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand.