Hof staan interdik teen toerisme-verligting vir swart eienaars toe

Die Hooggeregshof in Pretoria het aan AfriForum en die vakbond Solidariteit ‘n interdik toegestaan wat die uitbetaling van enige geld uit die Departement Toerisme se gelykheidsfonds verbied. Woordvoerder Jacques Broodryk sê die twee organisasies het ‘n dringende aansoek ingedien nadat die Minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, aangekondig het dat die fonds vir die herstel van die bedryf slegs toeganklik is vir mense wat kwalifiseer vir swart ekonomiese bemagtiging. Broodryk beskryf dit as moreel onregverdigbaar: