Hof sê vandag oor Unisa en Afrikaans

Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika lewer vandag uitspraak in AfriForum se saak teen die Universiteit van Suid-Afrika, Unisa, se taalbeleid van slegs Engels. Die Appèlhof het vroeër die jaar die drukgroep se betoog gesteun dat Unisa se taalbeleid nie aanvaar en ingestel is in ooreenstemming met grondwetlike beginsels nie. Die hoof van kultuursake by AfriForum, Alana Bailey, sê vandag se uitspraak sal, na vyf jaar, duidelikheid gee vir die universiteit se beraamde 30 000 Afrikaanssprekende studente.