Hof sê hoekom Djokovic moes waai

Tennis: Een van die redes waarom die wêreld se nommer een-speler Novak Djokovic se Australiese visum ‘n tweede keer gekanselleer is, is vrese ‘n ikoniese wêreldsportster kan mense beïnvloed om sy houding teen inenting na te volg. Die land se Federale Hof het vandag redes vir Sondag se beslissing bekend gemaak en waarom hy die minister van Toerisme Alex Hawke se besluit om Djokovic se visum terug te trek, steun. Die hof het eenparig bevind Hawke het nie irrasioneel of onlogies opgetree nie.