Hof se beslissing oor Zuma moet gerespekteer word
Defend our Democracy in die buurland doen ‘n beroep dat die Konstitusionele Hof se uitspraak oor oudpresident Jacob Zuma se mediese parool gerespekteer word. Die hof het verlede week ‘n aansoek om die Appèlhof se beslissing oor Zuma se vrylating op mediese parool om te keer, van die hand gewys. Die beslissing beteken Zuma moet terugkeer tronk toe om sy vonnis van 15 maande weens minagting van die hof uit te dien. Zaakirah Vadi van die organisasie sê die regering moet sterk staan teen enige groep wat probeer om die geweld van Julie 2021 te herhaal: