Hof beveel Sanral moet deursigtig met Outa wees

Die hooggeregshof in Pretoria het ten gunste van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, se versoek beslis vir toegang tot die N3-TC-tolkonsessie-kontrakte en alle finansiële rekords. Die hof het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap verplig om sy betooghoofde in te dien in reaksie op Outa se versoek. Stefanie Fick van die organisasie sê indien Sanral versuim om hieraan te voldoen, sal Outa sy regs-opsies oorweeg.