Hof beslis ten gunste van PGA dat LIV-spelers verbied bly

Drie spelers van die Saudi-gesteunde LIV-gholfreeks het ʼn hofaansoek teen die PGA-toer verloor om aan die aanloklike laaste toernooi van die seisoen, die FedEx-beker-uitspeelwedstryde deel te neem. Matt Jones van Australië asook Talor Gooch en Hudson Swafford van Amerika het ʼn tydelike beperkingsbevel gevra om hulle toe te laat om aan die FedEx-beker-toernooi deel te neem, wat môre begin. ʼn Regter van ʼn Amerikaanse Distrikshof, Beth Labson Freeman, het ten gunste van die PGA-toer beslis, wat aangevoer het die spelers moet een van twee kies.