Hof beslis justisie kan Withuis-dokumente ontvang, verwyder spesiale meester

‘n Amerikaanse federale appèlhof het die spesiale meester se nagaan van alle dokumente waarop daar by oudpresident Donald Trump se Mar-a-Lago-woning in Florida beslag gelê is, opgehef. Die beslissing verwyder ‘n groot struikelblok in die Departement van Justisie se ondersoek na die wanhantering van staatsrekords tydens Trump se termyn in die Withuis. ‘n Spesiale meester is aangestel om deur duisende dokumente te gaan wat by die oudpresident se huis gevind is om vas te stel watter geheim moet bly. Trump het nog nie aangedui of hy gaan appelleer nie.