Hof beslis Assange kan aan Amerika uitgelewer word.

Die Hooggeregshof in Londen het ‘n appèl aan Amerika toegestaan waarvolgens die
stigter van Wikileaks, Julian Assange, uitgelewer kan word. Hy moet in Amerika
teregstaan op strafregtelike aanklagte wat insluit die oortreding van
spioenasiewetgewing. Die regter sê hy is tevrede met die waarborge wat Amerika
verskaf het oor die voorwaardes vir Assange se aanhouding.