Hoëvlak vergadering oor water en sanitasie die week in hoofstad

Namibië is die week gasheer vir meer as tien Afrika-minister wat in hulle lande verantwoordelik is vir water en sanitasie. Die uitvoerende komitee van die Afrika Ministers se Raad op Water vergader vandeesweek in die hoofstad. Die hoofagenda is om te kyk na water- en sanitasiekwessies wat Afrika-lande raak, en hoe die lande kan saamwerk. Jona Musheko, woordvoerder by die ministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.