Hoeveel werksgeleenthede gaan werklik deur groenwaterstof-energieprojek geskep word?

Daar is vroeër kritiek teenoor die regering uitgespreek oor die moontlike werkskepping wat deur die groenwaterstof-energieprojek in Namibië geskep sal word. Kenners is skepties oor die syfers wat deur die regering rondgegooi word omdat die werksgeleenthede gespesialiseerd sal wees. Die onafhanklike ekonoom Gabriel Erastus sê dit hang alles af van watter rigting ingeneem word.

Hy voeg by dat meer inligting oor die projek nodig is voor ‘n bepaling gemaak kan word.