Hoësorg pasiënte het met 52% gedaal


Namibië se gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, sê die hoeveeheid pasiënte wat in hoërsorg vir Covid behandel is het oor die afgelope twee weke met 52 persent gedaal. Daar is was ook ‘n daling in hospitaliserings met ‘n daling van 18 persent. Volgens Shangula bly die sterftesyfer baie kommerwekkend veral onder ouer Namibiërs met onderliggende toestande. Tussen 16 en 29 Julie is daar 628 sterftes bevestig. Die nasionale sterftesyfer is tans op 2,5 persent maar in Omaheke staan die gemiddeld op 6,5 persent, drie keer die nasionale syfer.