Hoër rentekoerse is hier om te bly

Dit is duidelik dat hoër inflasie en rentekoerse nog lank Suid-Afrikaanse sakeondernemings en verbruikers se lot gaan wees, maar die inflasiekoers kan moontlik volgende jaar afplat. Dit is die mening van ‘n ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons. Hy het kommentaar gelewer op die monetêre beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers met 75 basispunte te verhoog. Parsons sê dit was onvermydelik dat die komitee, met inflasie wat erger as verwag is, sou voortgaan met die siklus om rentekoerse te verhoog: