Hoekom so huiwerig oor inenting?

Namibië het in 2006 ‘n polio-uitbreking ervaar en inwoners van die land het geen probleem daarmee gehad om WGO-entstowwe teen die virus te neem nie, en inteendeel, almal het sonder enige vrae aangemeld vir inenting. Wat is dan fout met die Covid-spuit en hoekom is lede van die publiek so huiwerig? Frederico Links van Fact Check Namibia, wat redelik navorsing in die verband gedoen het, het die redes daarvoor so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord…