Hoekom gebruik Harry en Meghan dan hul koninklike titels?

Die tweede lokprent van prins Harry en sy vrou Meghan se Netflix-dokumentêr lok steeds reaksie uit en die egpaar gaan gebuk onder kritiek omdat hulle meen, hulle alleen weet die waarheid. Die Britse koninklike-kenner Robert Lacey sê dit is interessant dat Harry en Meghan die koninklike familie aanval wat die oorsprong is van die koninklike titel wat hulle steeds daarop aandring om te gebruik. Hy het met Britse media gepraat.