Hoedspruit gons! Tom Cruise is op pad!

Dit gons in Hoedspruit in Limpopo nadat twee geel vliegtuie padlangs na die dorp vervoer is vir die verfilming van die akteur Tom Cruise se nuwe rolprent, Mission Impossible. Foto’s van die vliegtuie is op Hoedspruit se Facebook-groep gedeel en die eienaar van ‘n gastehuis het gesê Tom Cruise self sal binnekort sy opwagting maak. Die Amerikaanse rolprentster sal ‘n gedeelte van Mission Impossible 8 in Kampersrus naby Hoedspruit verfilm. Cruise vertolk die rol van agent Ethan Hunt. Die rolprent se regisseur is Christopher McQuarrie.