Hoë konynvrektes weens hoogs aansteeklike virus

Die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming het bevestig dat die hoë vrektes onder mak en wilde konyne in die Namakwa-distrik verbind kan word met hemorragiese konynsiekte. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die virus is hoogs aansteeklik en dodelik vir beide huishoudelike en wilde Europese konyne. Hy sê die siekte kom in baie dele van die wêreld voor, alhoewel dit nog nie voorheen in Suid-Afrika gediagnoseer is nie.