Hoe gaan ‘n Amerikaanse resessie Namibië raak?

Amerika se ekonomie is op pad na ‘n resessie. Dit is volgens toenemende kommer van betroubare banke en ekonome in die VSA. Hoe sal dit die Namibiese ekonomie raak? Volgens internasionale nuusagentskappe het die VSA se ekonomie in die eerste kwartaal onverwags gekrimp het. Bank Windhoek se marknavorsing-analis, Anton Mushongo verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus watter impak dit op die Namibiese ekonomie gaan hê.