Hittegolf-toestande dood 300 in Portugal

Meer as 300 mense is dood, meestal bejaardes, weens ‘n hittegolf in Portugal. Temperature van tot 47 grade Celsius, het veldbrande veroorsaak wat gelei het tot die ontruiming van duisende mense. Lande soos Spanje, Frankryk, Griekeland en Marokko baklei ook teen bosbrande wat oor tienduisende hektaar woed. Data deur die Instituut vir die Bewaring van die Natuur en Woude toon dat 39 550 hektaar sedert die begin van die jaar tot middel Junie in Portugal deur veldbrande verwoes is.