Hisense en SABC stel stromingsplatform bekend

Die elektronika maatskappy, Hisense, het ‘n vennootskap met die SABC aangegaan om sy eerste stromingstoepassing, SABC Plus, te skep. Die uitvoerende hoof van Hisense Suid-Afrika, Vivi Liu, het tydens die bekendstelling in Sandton, Johannesburg, gesê die Over-The-Top-mediadiensplatform sal 19 radiostasies en drie gratis televisiekanale aanbied, sowel as die SABC se Sportkanaal en 24- uur-nuuskanaal. Liu sê die SABC Plus-toepassing sal beskikbaar wees op die Hisense slim-tv Vidda-platform en op mobiele toestelle: