Hindu-fees vereer honde

Hindus in Nepal herdenk vandag hulle honde in die tweede dag van die vyf-dag Tihar-fees. Kraaie en koeie word ook vereer. Die fees handel daaroor dat Hindus glo dat honde die gesant van Yamaraj, die god van die dood is, en om die honde te vereer, die god gelukkig hou. Honde word gebad en met Afrikanertjies getooi en word allerhande lekkernye gevoer. Straathonde word ook so bederf. Selfs die polisie se honde-eenheid raak betrokke en hou spesiale skoue vir die publiek. Hindus maak 80 persent van Nepal se bevolking van 30 miljoen mense uit.