Hierdie protes is ‘ingevoer’ – Ardern

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, sê betogers buite die parlement in Wellington se gedrag laat haar dink hulle stel nie belang om ‘n oplossing te vind nie. Die groep betoog teen die Covid-19-entstof en masker-mandate. Sowat 77 persent van Nieu-Seeland se inwoners is ingeënt. Ardern sê die groep op die parlement se voorplein wil hê alle openbare gesondheidsmaatreëls moet opgehef word, wat juis die maatreëls is wat landsburgers beskerm het: