Hierdie mannetjie is gek oor slange!

Die blote melding van die woord slang veroorsaak dat sommige mense sidder, maar vir Micheal !Goreseb, Namibia Wildlife Resorts se slanghanteerder, fassineer slange hom. Nadat hy die afgelope 14 jaar by NWR se Namutoni-oord in die Etosha Nasionale Park gewerk het, het hy en onlangs na die Okaukuejo-oord verhuis. !Goreseb het deur die jare met allerlei slange in aanraking gekom. !Goreseb verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hy van slange hou en hoe hulle optree.