Hichilema sit sy agenda uiteen

Zambië se nuutverkose president, Hakainde Hichilema, sê geen mens in die land behoort honger te gaan slaap nie. Hy het in sy inhuldigings-toespraak in die hoofstad, Lusaka, sy agenda uiteengesit. Hichilema het sy volk ‘n mens-gesentreerde regering beloof wat die ekonomie sal laat groei en die regsorde herstel. Hy sê sy regering onder beheer van die Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling besef wat Zambië nodig het om vooruit te gaan. Hichilema het ‘n groot oorwinning behaal in die verkiesing van 12 Augustus en meer as ‘n miljoen stemme meer as Edgar Lungu van die Patriotiese Front gekry.