Het Hage ‘n heli gestuur? Kenner sê kwessie moet aangespreek word

Reaksie word ontvang op antwoorde wat die voormalige hoof van President Cyril Ramaphosa se sekuriteit, Wally Rhoode, aan die buurland se openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane, op haar vrae gegee het. Rhoode voer aan dat President Hage Geingob hom en Ramaphosa se raadgewer, Bejani Chauke, per helikopter op die grens met Suid-Afrika gehaal het en vergaderings is in staatshuis gehou, met senior Namibiese beamptes, insluitend Geingob self. Die Namibiese Presidensie het onlangs ontken dat Geingob enigsins Ramaphosa bygestaan het met die roof op sy Limpopo-plaas. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die Presidensie sal die kwessie moet aanspreek.