Hervorming kom vir aansoeke van minerale regte

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, het vandag die tydelike opskorting van aansoeke vir minerale regte opgehef wat op 6 November 2020 ingestel is. Hy het gesê die opskorting was genoodsaak deur klagtes van die publiek dat die ministerie te lank neem om op hul aansoeke te reageer. Die ministerie gaan nou die tydsraamwerk vir die evaluering van nuwe lisensies of hernuwing van lisensies hersien. Die verandering en hervorming van die aansoeke lisensies is nooodsaaklik en daar word gekyk na ‘n gerekenariseerde aanlyn aansoekproses. Die senior skakelbeampte van die ministerie, Andreas Simon, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.