Hervestigingsboere in Erongo het uitdagings met water

Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne sê die meerderheid hervestigde boere in die omgewing van Omaruru en Karibib werk hard daaraan om kommersiële boere te word, ondanks waterprobleme. Die komitee het tien boere wat deur die regering hervestig is in die Erongo-streek besoek om hul sukses en uitdagings te evalueer. Die meeste hervestigingsplase in die omgewing word deur vroue bestuur. Salomo Uusiku, ‘n boer in die omgewing het gepraat oor die wateruitdagings…