Herstel van water-infrastruktuur bespoedig by Nelson Mandelabaai

Die departement van water en sanitasie en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap is besig om herstelwerk en die opgradering van water-infrastruktuur in die metro en omliggende gebiede te versnel. Die nodige ingrypings in gemeenskappe wat met ernstige watertekorte worstel sal dus vinniger gebeur. Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê dit volg nadat die Algoa-watervoorsieningstelsel, wat water aan vyf damme in die omgewing verskaf, steeds weekliks daal en hierdie week ‘n vlak van 12 persent aangeteken het.