Hersiening van volksmoord ooreenkoms staan stil

Die minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah sê sy kan nie sê daar is enige vordering in verband met samesprekings oor die volksmoord reparasies nie. Plaaslike media berig dat die hersiening van die ooreenkoms stil staan en daar is geen vordering nie. Die eerste ooreenkoms tussen die Duitse en Namibiese regerings, waar net meer as 18 miljard Namibiese dollar oor 30 jaar in ontwikkeling deur Duitsland in Namibië belê sou word, is verwerp deur die geraakte gemeenskappe, die Ovaherero en Namas. Nandi-Ndaitwah sê drie bepalings, die tydperk van 30 jaar, die bedrag en die verantwoording wat Duitsland moet doen teenoor die geraakte gemeenskappe, moet hersien word.