Herrie is los oor stadion se naam wat per abuis reeksmoordenaar se naam word

Die Engelse klub Southend United het onverwagte reaksie ontvang na die besluit om ‘n pawiljoen na sy nuwe borg te vernoem. Die westelike pawiljoen is herdoop na die “Gilbert and Rose West Stand” na aanleiding van die naam van die borg, Gilbert en Rose-eiendomsagente en dat dit die westelike pawiljoen is. Maar Rose West is ‘n berugte reeksmoordenaar wat tans lewenslange tronkstraf uitdien omdat sy haar man, Fred, in die 1970s en 80s gehelp het om ten minste nege jong vroue te martel en vermoor. Dit het ‘n sosiale media-storm veroorsaak wat uiteenlopende reaksie ontlok het.