Hentiesbaai se burgemeester reageer op Boulter se nommerplaat

Dit gons steeds oor Hentiesbaai se nommer een-nommerplaat wat nou op die bakkie van die Britse miljardêr en moordbeskuldigde Harvey Boulter pryk. Die eerste Hentiesbaai-voertuigregistrasie-nommerplaat, N 1 HB, wat in Desember 2020 uitgereik is, en wat die amptelike nommerplaat van die kantoor van die Hentiesbaaise burgemeester geword het, is onlangs deur Boulter vir 250 000 Namibiese dollar gekoop. Boulter staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk. Boulter word gereeld op Hentiesbaai gesien waar hy graag visvang en in projekte in die dorp belê. Die burgemeester van Hentiesbaai, Lewies Vermaak, verduidelik die kwessie oor die nommerplaat.