Hengse tekort aan verpleegkundiges in Gauteng

Die Gautengse departement van gesondheid sê hy prioritiseer die vul van verpleegposte in waakeenhede. Die provinsie staar ‘n tekort van sowat 2 700 verpleegkundiges vir waakeenhede in die gesig, nadat die opleiding van dié gesondheidswerkers in 2020 gestaak is. Die woordvoerder van die Departement, Tshepo Shawa, sê hospitale behoort altesaam 3 340 verpleegkundiges in waakeenhede te hê, maar daar is op die oomblik net 659 wat werk, en sedert 2019 is daar nog geen verpleegpersoneel opgelei nie: