Help die brandbestryders

Namibian Marshall Ranger Sean Naude doen ‘n beroep op die publiek vir hulp aan die brandbestryders. Hy sê meer as 60 000 hektaar en 12 plase het afgebrand weens die veldbrand wat by die Osona-weermagbasis begin het. Naude sê daar is tans brandbestryders wat help om die veldbrand by Omitara te beveg wat kos, drinkgoed, brandstof en gereedskap nodig het.