Hele dorpie in Suid-Afrika onder kwarantyn oor positiewe Covid-gevalle

Al die inwoners van ‘n landelike gemeenskap in die Matzikama-munisipaliteit in die Wes-Kaap in Suid-Afrika is onder kwarantyn. Altesaam tien-persent van die Kliprand-gemeenskap het positief vir Covid-19 getoets. Die gemeenskap bestaan uit sowat 250 mense in 50 huishoudings. Dertig infeksies is binne ‘n week aangemeld met drie sterftes. Die hele dorp is ingeperk in ‘n desperate poging om die verdere verspreiding van die virus hok te slaan.